Boodskap van die Hoof
Akademie is die hartklop van ons skool. Ons streef daarna om akademiese programme en geleenthede daar te stel wat jongmense sal bemagtig. Akademiese prestasie hang nou saam met ervare, toegewyde opvoeders en die gebruik van die nuutste tegnologie.
Op sportgebied ding Hoërskool Linden mee met groot skole in ‘n verskeidenheid van ligas en kompetisies in alle sportsoorte. Deur goeie sportmanskap te handhaaf, word ons leerders toegerus om hulle plek op enige sportveld vol te staan.
Hoërskool Linden het ‘n omvattende kultuurprogram waar leerders hulle ten volle kan uitleef. Die skool spog met verskeie nasionale toekennings op kultuurgebied en deelname aan kultuur is ‘n groot prioriteit.
Die sukses van die skool hang in ‘n groot mate af van ’n betrokke en dinamiese ouergemeenskap. Ons bied verskeie sosiale funksies wat dit vir ouers/voogde moontlik maak om deel te neem aan die uitbou van die skool en die skep van geleenthede vir ons leerders.
Dit is egter die veelsydigheid en aanpasbaarheid van Hoërskool Linden wat dit ‘n besonderse plek maak. Ons slaag juis omdat ons mekaar se verskille erken, en waag om aan mekaar te skaaf om méér as net ‘n skool te wees.
Ons kan met trots sê dat Hoërskool Linden vandag tradisieryk sy plek volstaan; dat ons skool van krag tot krag groei; dat ons droom oor die toekoms; en steeds onverpoos werk om ons nuwe drome te verwesenlik.
Ek verwelkom u by die hartklop van ons skool en hoop dat elke leerder en ouer die Lindengees en -trots eerstehands sal beleef.