Busvervoer

algemeen-busvervoer-hoerskool-linden

 

Hoërskool Linden bied bepaalde busroetes na en van die skool.  Die koste verbonde aan hierdie diens word jaarliks bepaal. Busgeld vir 2024 beloop R700 per maand vir die oggendroete en R1100-00 per maand vir oggend- en middagroete. Die fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar, voor of op die 3de dag van elke maand. Wanneer ‘n leerder op enige gegewe dag nie van die busdiens gebruik sou maak nie, sal die gelde vir die betrokke dag nie terugbetaal word nie. Die leerder sal maandeliks ’n buskaartjie ontvang wat daagliks aan die busbestuurder getoon moet word.

Rig alle navrae in verband met busvervoer aan:  susan.esterhuizen@linden.co.za

Oggendroetes:

Roete 1 – Laerskool Fairland
Bestuurder:
Johannes
05:25 Laerskool Helderkruin
05:55 Total Garage – Jim Fouche (Uncle Jims)
06:00 Sasol Garage – Jim Fouche (Allens Nek)
06:10 BP Garage – JG Strydom (Palm Court)
06:15 Laerskool Fairland
07:00 Hoërskool Linden

Roete 2 – Bryanston Parallel
Bestuurder:
Kortman
06:30 Bryanston Parallel Medium
07:15 Hoërskool Linden

Roete 3 – Florida
Bestuurder:
Darlington
05:30 Burger Box – Voortrekker straat
05:45 Caltex – Ruhama weg (Helderkruin)
06:00 Laerskool Horison – Mouton straat
06:15 Florida Junction – Ontdekkers weg
06:30 McDonalds – Ontdekkers weg
06:50 Engen – Milner straat, Albertsville
07:05 Hoërskool Linden

Roete 4 – Strubensvallei
Bestuurder:
Shadrack
06:00 BP Garage – Fredenharry straat
06:10 Sasol Garage – Paul Kruger weg
06:20 BP Garage – John Vorster rylaan (Radiokop)
06:35 Engen Garage – Randparkrif
07:10 Hoërskool Linden

Middagroetes:

Die middagroetes vertrek om 16:00 vanaf Hoërskool Linden op Maandae–Donderdae en om 14:00 op Vrydae