Sielkundige Dienste
Hoërskool Linden streef daarna om jongmense binne ‘n veilige tuiste vir die uitdagings van die samelewing voor te berei. Die intellektuele en emosionele welstand van ons leerders is vir ons uiters belangrik.
Berading, opvoedkundige leiding en terapie word deur die skoolberader me. Laurinda Booyse gebied en sy is voltyds beskikbaar tydens skoolure.
Leerders word bygestaan met die volgende aspekte:
- Emosionele probleme
- Skolastiese probleme
- Leerondersteuning
- Studiemetodes
Leerders wat verdere sielkundige hulp of terapie benodig word verwys na die nodige sielkundiges in die skool se netwerk. Psigo-opvoedkundige assesserings word ekstern deur TheraPeace sielkundige-dienste gedoen.
Algemene leerder ondersteuning word kwartaalliks aan leerders gebied deur middel van praatjies en groep geleenthede waar kenners ingewin word om leerders toe te spreek oor verskeie temas.
Skakel asseblief me. Laurinda Booyse by (011) 888 1433/4 of Laurinda.booyse@linden.co.za vir enige navrae en afsprake.