Lindennuus Uitgawe 34 | 27 Oktober 2025

Hoërskool Linden vier aan die einde van 2025 ’n jaar van uitnemendheid en gemeenskapstrots. Die skool het groot prestasies behaal op akademiese, sport- en kultuurgebied, met hoogtepunte soos ’n suksesvolle Manneaand, uitstekende redenaarsuitslae, die Kultuurprysuitdeling, en ’n sportjaar vol oorwinnings en erkennings. Linden Rugby skuif in 2026 ’n afdeling op, en verskeie spanne het sterk vertoon. Die jaarbladbestellings is oop en die eksamentyd het begin. Dr. Johan Wiehahn bedank ouers, personeel en leerders vir hul bydraes en wens almal ’n geseënde rusperiode toe
Lindennuus Uitgawe 33 | 21 Oktober 2025

Hierdie week se Lindennuus fokus op die begin van die matriekeksamen, met ’n boodskap van sterkte vanaf die skoolhoof. Die uitgawe vier ook verskeie kultuur- en sportprestasies: van die glansryke Modeparade en talentvolle Tienertoneel tot uitsonderlike prestasies by redenaars-, serenade- en drumlinekompetisies. Op sportgebied spog Linden met sterk vertonings in gimnastiek, tennis, rugby, skerm en krieket, met verskeie leerders wat provinsiale erkenning ontvang het. Gemeenskapsbetrokkenheid bly ’n kernfokus, en belangrike datums soos jaarbladbestellings en sportbyeenkomste word uitgelig.
Lindennuus Uitgawe 32 | 13 Oktober 2025

In hierdie week se Lindennuus is daar baie om opgewonde oor te wees! Ons trap die nuwe — en laaste — kwartaal van die jaar af met terugblikke op al die sport- en kultuurhoogtepunte van die vakansie. Ons herleef spesiale oomblikke van die matriekafskeid en Artes-aand, en kyk vol entoesiasme vorentoe na die besige kwartaal wat voorlê.
Lindennuus Uitgawe 31 | 22 September 2025

In hierdie week se LindenNuus:
Ons almal voel die moegheid, en Dok deel raad oor hoe om vas te byt tot by die vakansie. Ons bring terugflitse van die sêrenade, die MUN-debat en ons eie filmsterre. Op die sportfront kyk ons na rugby sevens, tennis, binnenshuise hokkie én die groot netbaltoernooi wat oor die naweek by ons aangebied is. Moet ook nie die advertensies en aankondigings mis wat wys wat alles nog voor én net ná die vakansie gaan gebeur nie.
Lindennuus Uitgawe 30 | 16 September 2025

In hierdie week se Lindennuus kyk ons terug na die hoogtepunte van die afgelope week. Dinge begin rustiger raak soos ons nader beweeg aan die einde van die kwartaal, maar daar was steeds heelwat om oor te vertel!
Lindennuus Uitgawe 29 | 8 September 2025

In die week se LindenNuus gesels ons oor integriteit, blik ons terug op die Lindenfees en kyk ons na al die sport- en kultuuraktiwiteite van verlede week.
Lindennuus Uitgawe 28 | 1 September 2025

Hierdie week tel ons saam die dae af tot die groot Lindenfees! Ons vier die inhuldiging van die nuwe matriekraad en die aankondiging van die dagbestuur. Daar is ook heelwat hoogtepunte uit sport en kultuur om op trots te wees – van prestasies op die veld tot kreatiewe oomblikke op die verhoog. Blaai saam deur hierdie uitgawe en herleef al die lekker van die afgelope week.
Lindennuus Uitgawe 27 | 25 Augustus 2025

Lindennuus dié week: Die o.14’s is gekroon as Noordvaal wenners en bevestig dat Linden se rugbytoekoms blink. Sport en kultuur het die week gevul, met Lindenfees om die draai en Artes-inskrywings wat die week op ’n hoogtepunt afsluit.
Lindennuus Uitgawe 26 | 18 Augustus 2025

Hierdie week in die Lindennuus
Die week was propvol hoogtepunte! Ons het die opwindende Linden–Randburg-derby beleef, saam met baie ander sport- en kultuuraktiwiteite. Ons o.14-rugbyspan het hul plek in die Noordvaalfinaal losgespeel, terwyl die dogters se eerste hokkiespan met trots die Noordvaal-titel ingepalm het. As kersie op die koek het ons die pragtige Linden Klassiek beleef – ’n aand vol talent en styl wat lank onthou sal word.
Lindennuus Uitgawe 25 | 11 Augustus 2025

In dié week se Linden Nuus:
Ons het ’n pragtige Damesoggend gevier, die rugbyspan het ’n sege behaal, en ons kultuurprogram is in volle swang. Nou maak ons gereed vir die groot Derby dié week!