Ondersteunerskaarte

Hoërskool Linden is deel van Suid-Afrika se grootste gemeenskapsfondsinsamelingsprogram:  My School.

Die My School-vennote sluit onder andere in:  Woolworths, Reggies, Waltons, Engen, Quickshops, Toys R Us, Altech Netstar, Power24.co.za en vele meer.  Hoërskool Linden ontvang fondse as u by die My School-vennote koop en u kaart wys.

Hoe om aansoek te doen vir u gratis MySchool-kaart:

Voltooi die aansoekvorm en e-pos of faks dit na MySchool (sien kontakbesonderhede op die aansoekvorm).

Doen aanlyn aansoek by www.myschool.co.za of per telefoon by 0860 100 445.

Dui “Hoërskool Linden” aan as die begunstigde.

Indien u reeds ‘n MySchool-kaart het, kan u help om maandeliks vir ons skool fondse in te samel deur Hoërskool Linden as ‘n begunstigde by te voeg.  U het nie ‘n nuwe kaart nodig nie.  Verander slegs u begunstigde na Hoërskool Linden aanlyn by: www.myschool.co.za of skakel 0860 100 445.

MySchool-kaart Aansoekvorm