Graad 8-inskrywings
Die inskrywingsproses by ‘n hoërskool mag soms ‘n uitdagende en onsekere proses vir voornemende graad 8-ouers en leerders wees. Hoërskool Linden is egter daarop ingestel om dié proses so kommervry as moontlik te laat verloop.
‘n Bepaalde inskrywingsproses word gevolg om ‘n graad 8-leerder te registreer. Dit is uiters belangrik dat AL die stappe van dié proses afgehandel moet word om ‘n plek in Hoërskool Linden te verseker. Die stappe is as volg:
- Registreer aanlyn by die Gautengse Departement van Onderwys.
- Registeer by Hoërskool Linden deur die inligtingsvorm te voltooi.
- Handig die stawende dokumente by Hoërskool Linden in.
Voornemende ouers en leerders is meer as welkom om by Hoërskool Linden besoek af te lê. Woon ons jaarlikse Opedag en Inligtingsaand by, kom stap ‘n draai deur ons skool en maak ‘n afspraak om met ons personeel te gesels. Besoek gerus ook Hoërskool Linden se sosiale media om op hoogte te bly van al die verwikkelinge by die skool.