Inligtingsaand
‘n Graad 8-leerder se eerste tree tot die hoërskool is ‘n groot en dikwels skrikwekkende stap – dinge gebeur vinniger, huiswerk word meer en daar is soveel meer druk op beide die ouer en kind.
Hoërskool Linden glo dat ingeligte ouers ook gelukkige ouers is. Vroeg in November vind ‘n Inligtingsaand plaas vir ouers van ingeskrewe graad 8-leerders wat in Januarie die daaropvolgende jaar hulle skoolloopbaan by Hoërskool Linden begin. Tydens hierdie geleentheid word al die aspekte aangaande ‘n leerder se graad 8-jaar bespreek. Ouers kry die geleentheid om die graad 8-voog, asook hul kind se registeronderwyser te ontmoet.
Rig navrae in verband met die Inligtingsaand aan: bemarking@linden.co.za