Inskrywingsprosedure
Die volgende stappe moet gevolg word om ‘n graad 8-leerder by Hoërskool Linden in te skryf.
- Registreer aanlyn by die Gautengse Departement van Onderwys
Registrasie op die GDO-aanlynstelsel is verpligtend by die volgende webblad: www.gdeadmissions.gov.za
Hou asseblief die media dop vir die bekendmaking van die openingsdatum vir aansoeke, asook die uiteensetting van die proses deur die LUR. - Registreer by Hoërskool Linden
Voltooi Hoërskool Linden se inligtingsvorm en handig dit by die skoolkantoor in of e-pos dit na: elize.dames@linden.co.za
Die inligtingsvorm is op die webblad en d6 beskikbaar. - Handig die volgende stawende dokumente saam met die inligtingsvorm by Hoërskool Linden in
-
- ‘n Gewaarmerkte afskrif van beide ouers/voogde se Identiteitsdokumente
- ‘n Gewaarmerkte afskrif van die leerder se geboortesertifikaat (verkieslik “unabridged”)
- ‘n Gewaarmerkte, amptelike bewys van die residensiële adres
Rig alle navrae ten opsigte van die inskrywingsprosedure aan die skoolkantoor by 011 888 1433 of e-pos: elize.dames@linden.co.za