Opedag

REGISTREER HIER

Graad 7’s van 2024

Jy word hartlik uitgenooi na Hoërskool Linden se oop dag van 2024.

Wanneer? Woensdag 6 Maart 2024

Tyd? 14:00-19:00 (leerders arriveer vanaf 14:15) Leerders kan na afloop van die ouer sessie om 19:00 afgehaal word by die skool se binneplaas.

Wat van vervoer? Busvervoer is beskikbaar en vertrek om 14:00 vanaf meeste van die laerskole. Die gebruik van busvervoer kan op die registrasievorm by https://forms.office.com/r/fEdDT4s8VD aangedui word.
Leerders kan ook by die hoofhek in 6de straat vanaf 14:00 afgelaai word

Kleredrag? Gemaklike gewone klere

Etes? Ligte middagete sal voorsien word

Wat bring ek saam? Net hope energie

Onthou om te registreer voor 1 Maart! Sien jou daar. #disjouskool

Ouer inligting

Ouers sal ook tydens die geleentheid die skool kan besigtig en ‘n ouerinligtingsessie bywoon

  • Ouertoere deur die skool sal beskikbaar wees vanaf 17:00 tot in met 18:15 en vertrek elke 15 minute vanaf die Cor Dirks Skoolsaal.
  • Die ouerinligtingsessie begin om 18:30 in die skoolsaal.
  • Veilige parkering is beskikbaar vanaf 16:30 op die skool se B-rugbyveld. Ingang tot die parkering is in 5de Straat duskant die pawiljoene.

Vir meer inligting kontak Liandi Plotz by liandi.plotz@linden.co.za of 011 888 1433hoerskool linden opedag24

REGISTREER HIER