Riglyne vir aanlyn-inskrywings 2022

Die onderstaande is riglyne wat Hoërskool Linden saamgestel het om die aanlyn-inskrywingsproses vir u as voornemende Linden-ouer te vergemaklik.

WANNEER

Fase 1:

Graad 7’s tans in Publieke Skole in Gauteng
10 Augustus 2021 tot 3 September 2021

Fase 2:

Graad 7’s tans in Privaatskole en Publieke skole buite Gauteng
13 September 2021 tot 20 Oktober 2021

WAAR

Webblad: www.gdeadmissions.gov.za

INLIGTINGSVIDEO

Kyk gerus na die video by die volgende skakel om uself nou reeds te vergewis van die inskrywingsproses:
https://youtu.be/ewQPfyiuM58

Die video is ongeveer 13 minute lank en beslis die moeite werd om te kyk.

BELANGRIKE ASPEKTE

  1. Verifieer u inligting by die graad 7-leerder se huidige laerskool vanaf 2 Augustus 2021 tot 6 Augustus 2021.
  2. Verskaf die selfoonnommer van die persoon wat die aanlyn-inskrywing gaan doen aan u huidige laerskool.
  3. Dit is dus uiters belangrik dat die persoon wat die aanlyn-inskrywing van die graad 7-leerder gaan doen toegang sal hê tot die selfoon met die selfoonnommer wat op die huidige laerskool se stelsel gelaai is.
  4. Indien u vanaf 10 Augustus 2021 nie toegang tot die aanlynstelsel met u selfoonnommer kan kry nie, beteken dit dat die selfoonnommer verkeerd gelaai is. U sal dan die laerskool moet skakel.

STAWENDE DOKUMENTE

Dit is nie nodig om die stawende dokumente op die aanlynstelsel te laai nie. U kan dit aan Me. Elize Dames e-pos by: elize.dames@linden.co.za

U moet die volgende stawende dokumente aan Me. Elize Dames stuur, indien u dit nie reeds gedoen het nie:

  1. Hoërskool Linden Inligtingsvorm 2022 (verkrygbaar op die webblad: www.linden.co.za onder “Inskrywings”.
  2. Geboortesertifikaat van graad 7-leerder (verkieslik “unabridged”).
  3. Identiteitsdokumente van beide ouers.
  4. Bewys van woonadres.
  5. Bewys van werksadres (indien u op die basis van u werksadres gaan inskryf).

Bogenoemde dokumente kan nou reeds aan Me. Elize Dames gestuur word, maar nie later as 7 dae na u die aanlyn-inskrywing voltooi het nie. Ouers wat reeds die betrokke dokumente gestuur het, hoef dit nie weer te stuur nie.

Let Wel:

  • Die immunisasierekord is slegs vir graad 1’s en dus nie van toepassing op graad 8’s nie.
  • Die Graad 7-rapport is die finale rapport van die leerder en sal dus eers aan die einde van dié jaar, saam met die oorplasingssertifikaat vereis word.

NAVRAE

Moet asseblief nie huiwer om Hoërskool Linden te kontak met enige vrae of bekommernisse nie.

Kontakpersoon: Me. Elize Dames: elize.dames@linden.co.za of 011 888-1433

Baie sterkte aan elke ouer/voog met die inskrywingsproses. Ons sien uit om u eersdaags by Hoërskool Linden te verwelkom!

LINDENGROETE