Tydsverloop van inskrywings
Voornemende ouers en voornemende Lindeniete (Graad 7-leerders) is enige tyd welkom om by Hoërskool Linden besoek af te lê. Dit is vir ons belangrik dat nuwe ouers en leerders ons skool so gou as moontlik moet leer ken. Kom stap ‘n draai deur die skool, maak ‘n afspraak met ons personeel, woon ons sport-, kultuur- en/of kuiergeleenthede by en volg ons op Facebook en Instagram. Skooltoere kan ook geskeduleer word op die tuisblad van ons webtuiste.
Die tydsverloop van inskrywings vir graad 8’s vir 2024 verloop as volg:
- 8 Maart: Opedag vir graad 7’s en hul ouers by Hoërskool Linden.
- April tot Julie: Skooltoere en persoonlike onderhoude met die hoof en skoolbestuur. Onderhoude is vrywillig indien u ‘n behoefte aan persoonlike gesprekke het. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos by ane.groenewald@linden.co.za om so ‘n gesprek te skeduleer.
- Mei tot Julie: Inhandiging van Hoërskool Linden se Inligtingsvorm en die stawende dokumente by die skoolkantoor of via e-pos.
- Junie/Julie (Datum word deur GDO bevestig): Registreer op die Departement van Onderwys (GDO) se aanlynstelsel vir graad 7-leerders in publieke laerskole in Gauteng.
- September tot November: Plasing van graad 7-leerders huidiglik in publieke laerskole in Gauteng.
- Einde Oktober: Inligtingsaand vir ouers van ingeskrewe leerders vir 2024 by Hoërskool Linden.
Rig enige navrae ten opsigte van inskrywings aan: ane.groenewald@linden.co.za of inskrywings@linden.co.za