hoerskool linden lindenfees 1240x310

Ons is bevoorreg om weer saam te trek vir die grootste Lindenkuier van die jaar! Dit is ‘n voorreg om u uit te nooi na Hoërskool Linden se Lindenfees (voorheen bekend as die Wildsfees) op Saterdag 26 Augustus 2023, met Spoegwolf en Early B as gaskunstenaars. Die Lindenfees is ‘n geleentheid om die ouers, personeel, leerders, oud-Lindeniete en die gemeenskap byeen te bring, die skool te bemark en fondse ten bate van die skool te genereer.

Feesgangers kan hulle regmaak vir kuiervure op die skool se rugbyveld wat tot laataand gaan brand, ‘n kosmark met ‘n verskeidenheid smaaklike etes, verfrissende Craft-versnaperinge, ‘n pretpark vir die jongspan en vermaak uit die boonste rakke vir die hele gesin. Die kunstenaars tydens vanjaar se Lindenfees is Spoegwolf en Early B! Die voorvertoning sal die talentvolle leerders van Linden insluit.

Die sukses van enige fees word bepaal deur smaaklike kos, goeie vermaak en genoeg entoesiastiese mense. Hierdie jaar sal die kaartjies op die aanlynplatvorm Planton.mobi verkoop word. Hierdie platvorm word deur talle feeste en geleenthede gebruik en alle kaartjies sal op die platvorm beskikbaar wees.
Kaartjieverkope open reeds vanaf 17 Julie 2023. Kaartjies is beskikbaar by https://bit.ly/lindenfees23 of by plankton.mobi

Hoe werk die Lindenfees?

Koop van kaartjies en betalings tydens die fees:

  • ‘n Toegangskaartjie kos R220-00 per persoon vir volwassenes (18+), R180 skoliere tussen die ouerderdom van 6 en 18, en kleuters onder 6 jaar is gratis. Toegangskaartjies sluit nie etes of drinkgoed in nie.
  • Kaartjies word aanlyn verkoop en is by https://bit.ly/lindenfees23 beskikbaar. Kaartjies sal op die feesdag by die toegangshekke geskandeer word.
  • Verkope van kaartjies op die dag self sal ook aanlyn via https://bit.ly/lindenfees23 geadministreer word.
  • Weens die aard van die fees is sekuriteit ons eerste prioriteit, dus sal die geleentheid kontantloos plaasvind. Al die verkope op die feesterrein en by die ingange sal slegs deur middel van kaartfasiliteite, Snapscan en/of Zapper uitgevoer word.

Ingange en Parkering:

  •  Die hekke open stiptelik om 15:30 en sluit om 22:30.
  • Fees ingange is op die skool se A-rugbyveld deur die sporthek asook by die leerderhek in 6de straat (slegs vir voetgangers en gaste wat van Uber gebruik maak).
  • Beperkte parkering is op die skool se B-rugbyveld teen R75 per motor beskikbaar asook by die skool se tennisbane beskikbaar teen R50 per motor. Die parkeerkaartjies kan ook aanlyn saam met toegangskaartjies gekoop word.
  • Ons beveel sterk aan dat feesgangers van Uber gebruik maak.
  • Die leerderhek in 6de Straat word as ‘n aflaaisone vir Ubergangers en voetgangers gebruik. GEEN parkering is hier beskikbaar nie.

Bring die volgende saam:

  • Eie kampstoele. Let wel dat GEEN tente of gazebo’s toegelaat word nie.
  • ‘n Fooi van R150 per koelsak word gehef vir eie drinkgoed. Dié fooi is aanlyn ook by https://bit.ly/lindenfees23 betaalbaar. GEEN glas word toegelaat nie, bring dus plastiek glase/houers en maak gebruik van plastiekbottels of blikkies. Let wel: ‘n Verversings-tent met ‘n verskeidenheid opwindende drinkgoed is ook op die feesterrein beskikbaar.
  • GEEN eie eetgoed word toegelaat nie. Kosstalletjies sal beskikbaar wees.

Die volgende is beskikbaar by die feesterrein:

  • Konkavure wat tot laataand sal brand.
  • Vertoning deur Spoegwolf, Early B, Linden-leerders en Linden-battery.
  • ‘n Verversings-tent (slegs vir volwassenes – geen skoliere of persone onder 18 word toegelaat nie).
  • ‘n Kosmark met verskeie lekkernye, warm geregte en koffie.
  • ‘n Pretpark met springkastele en aktiwiteite vir die jongspan. Kaartjies hiervoor is ook aanlyn beskikbaar.

Bring u familie en vriende en kom geniet alles wat hierdie jaar se Lindenfees u bied!

Rig asseblief navrae aan lindenfees@linden.co.za of kontak ons by 011 888-1433