Ondersteunersklub
Welkom by Hoërskool Linden se Ondersteunersklub!
Registrasie vir die klub is nou oop. Sluit aan by Hoërskool Linden se eie Ondersteunersklub.
Die klub is oop vir huidige ouers, oud-leerders, voormalige Linden-ouers en personeel en ander gemeenskapslede wie se bloed groen is. Die Ondersteunersklub bied jou die geleentheid om jou lojaliteit en ondersteuning aan die skool op verskeie gebiede uit te leef.
Linden Ondersteunersklub neem die voortou en wil jou deel van hierdie klub hê.
Hoe sluit jy aan by die klub? Sluit aan deur die vier maklike stappe te volg:
- Voltooi die registrasievorm deur die skakel te volg: https://bit.ly/OKregistrasie
- Voltooi die registrasieproses deur jou eenmalige aansluitings fooi van R350-00 te betaal en stuur die bewys van betaling aan ondersteuner@linden.co.za
(Let asb. dat die Ondersteunersklub betalings word in die klub se bankrekening in betaal word)
Rekening besonderhede:
Naam van rekening: HS Linden Ondersteunersklub
Bank: Standard Bank
Rek nommer: 200879057
Tak kode: 006605 (Hyde Park)
Verwysing: Aansluit + Naam & Van
Epos bewys van betaling aan: ondersteuner@linden.co.za
- Jy sal na registrasie en ontvangs van bewys van betaling ‘n bevestiging van registrasie e-pos ontvang met jou lidmaatskapnommer en erkenning van lidmaatskap.
- Jou ondersteunersklub pet word afgehaal by die Sport- en bemarkingskantoor.
- Bestel jou addisionele ondersteunersdrag soos gholf hemde by https://nolimits-store.com/collections/hs-linden-ondersteuners en geniet die voordele.
Gereelde vrae:
Waarom die ondersteunersklub?
Die doel van die Klub is om ‘n sosiale platvorm te skep wat die samesyn en eenheid van oud- en huidige belanghebbendes, ondersteuners en die Linden gemeenskap sal bevorder. Dit bied ook aan ondersteuners die geleentheid tot unieke geleenthede om saam te kuier en die skool te ondersteun.
Die klub samel ook fondse in vir Hoërskool Linden in wat vir verskeie kulturele, akademiese en sport behoeftes geallokeer word. Belanghebbendes kan ook deur die klub donasies aan die skool maak vir die uitbou en vooruitgang van die skool.
Watter voordele ontvang ek deur aan te sluit by die klub?
- Jy ontvang jou unieke ondersteuners keps met jou lid nommer op geborduur.
- Jy kry toegang en uitnodigings tot spesiale ondersteunersklub geleenthede en sosiale geleenthede vir ons ondersteuners.
- Jy word op datum gehou van datums en geleenthede waar jy die skool kan ondersteun.
- Jy kry toegang om unieke ondersteuners drag en handelsware te bestel
- Afslag op sekere geleenthede wat by die skool aangebied word
- Toegang tot die lojaliteit program wat vanaf 2023 geïmplementeer word met seisoenale en jaarlikse aanbiedings deur ons gemeenskap vennote en toegang tot die skool se losie, parkering ens.
Wat is die kostes verbonde?
Eenmalige aansluitings fooi beloop R350 en sluit jou HSL Ondersteunersklub gholf pet met jou lidmaatskapnommer op geborduur.
Is daar ander ondersteuners drag beskikbaar?
Ondersteunersklub handelsware is te koop deur No Limits by https://nolimits-store.com/collections/hs-linden-ondersteuners
Let wel: Ondersteunersklub se gholf pette is slegs beskikbaar deur aan te sluit by die klub.
Ek wil nog meer betrokke raak, wat doen ek?
Kontak Rúan Basson by 011 888-1433/4 of e-pos ons by ondersteuner@linden.co.za