Ons gee om

UKUNAKA is Hoërskool Linden se eie welsynsgroep.
UKUNAKA strewe daarna om behoeftige leerders van ons skool finansieel en emosioneel by te staan.

UKUNAKA is betrokke by die volgende projekte:

  • Verkoop van Linden-kombersies.
  • Fondsinsamelings om die Ukunaka-fonds aan te vul.
  • ‘n Wintersprojek – nie-bederfbare items word ingesamel vir behoeftige gesinne vir die wintervakansie.
  • ‘n Kersprojek – geskenke, kos en lekkernye word ingesamel vir behoeftige gesinne vir Kersfees.
  • Uitreikaksies in die gemeenskap na ouetehuise, kinderhuise, hospitale en ander.

Maniere waarop u betrokke kan raak:

  • Koop ‘n Linden-kombersie
  • Finansiële bydraes
  • Pick ‘n Pay geskenkbewyse
  • Neem ‘n leerder aan en neem verantwoordelikheid vir uitgawes soos uitstapies, kampgelde,
  • sportbenodighede en so meer.

Indien u betrokke wil raak, stuur asseblief ‘n epos na ukunaka@linden.co.za.