Hoërskool Linden het oor die jare homself as ‘n top akademiese skool provinsiaal, asook nasionaal, gevestig.
Hoërskool Linden handhaaf hoë akademiese standaarde en streef jaarliks om uitmuntende matriekuitslae te behaal.
Ons hou tred met tegnologiese vooruitgang en sedert 2016 is Hoërskool Linden ‘n Microsoft-vennootskapskool.
Lindeniete word toppresteerders by naskoolse opleidingsentrums en kry toelating op grond van Linden se hoë akademiese standaard.
Hoërskool Linden glo ook aan akademiese verryking buite die normale skool kurrikulum en moedig die deelname aan verskeie Olimpiades en Expo’s aan.
Die akademiese-program is ook vol pret, innovasie en praktiese ervaring met aktiwiteite soos Geek-week, die Sake-week en Entrepreneursdag.
Omdat alle matriekeksamens deur UMALUSI gesertifiseer word, ontvang privaat (IEB) en openbare skole presies dieselfde matrieksertifikaat. Hoërskool Linden bied AP Wiskunde en AP Duits aan. Hierdie leerders verwerf aan die einde van graad 12 ‘n IEB-kwalifikasie in die bepaalde vakke.
Akademiese prestasie by Linden hang nou saam met:
- Ervare, toegewyde opvoeders
- Die gebruik van die nuutste tegnologie in onderrig
- ’n Leerkultuur onder Lindeniete
- Gereelde oueraande om probleme aan te spreek
- ’n Vaste toetsrooster
- Ekstra akademiese verrykingsklasse
- Die verering van top-presteerders