Microsoft-Vennootskapskool
Hoërskool Linden is reeds sedert 2016 deel van die digitale gemeenskap in onderwys.
Ons is die eerste openbare skool in Suid-Afrika wat ‘n Microsoft-Vennootskapskool geword het. Dit beteken dat die meeste aspekte van die skool gedigitaliseer word en opleiding in Inligtingstegnologie aan die onderwysers en leerders verskaf word. Tegnologie word gebruik om ‘n interaktiewe leerervaring in die klaskamers te skep. Hoërskool Linden is ook ten volle toegerus om afstandsonderrig deur middel van Microsoft Teams aan ons leerders te verskaf.
Graad 8 en 9 leerders ontvang volledige opleiding in Inligtingstegnologie. Vaardighede soos tik, die gebruik van Microsoft-sagteware, internetvaardighede en basiese programmering word aangeleer.
Die Microsoft 365-vennootskap bied die volgende voordele aan elke leerder in die skool:
- Leerders ontvang hul eie gebruikersnaam en wagwoord om toegang tot die skool se internet te kry.
- Leerders ontvang elk 100 Meg gratis data per dag.
- Leerders ontvang gratis opleiding in die gebruik van Microsoft Office 365.
- Leerders kan die Microsoft-sagteware gratis op enige vyf persoonlike toestelle soos tablette, selfone, skootrekenaars en rekenaars by die huis aflaai.
- Huiswerk is op OneDrive, ‘n aanlynstoorstelsel, beskikbaar.
- Onderwysers gebruik aanlyntegnologie in die klaskamers.
- Lesse en vergaderings kan enige tyd en plek plaasvind deur middel van Teams.