Olimpiades

By Hoërskool Linden fokus ons nie net op die oordrag van akademiese kennis nie.  Dit is vir ons belangrik dat leerders deelneem aan olimpiades waar hulle vaardighede aanleer om probleme op te los.

Ons leerders ontvang jaarliks die geleentheid om aan die volgende olimpiades deel te neem ten einde hulle kennis en vaardighede te verryk:

• ATKV-Olimpiade vir Afrikaans Huistaal
• Besigheidstudie Olimpiade vir Graad 10 – 12
• Duitse Olimpiade
• Ekonomie Olimpiade vir Graad 10 – 12
• Lewenswetenskappe Olimpiade
• Natuurwetenskappe Olimpiade
• Poverto Nasionale Hoërskool Olimpiade
• Rekeningkunde Olimpiade vir Graad 10 – 12
• Rekenaar Olimpiades soos Talent Search en Programming Olympiad.
• SAMF Wiskunde-Olimpiade
• Wêreldkennis Olimpiade