Animato A Capella
A capella is ‘n serenade-groep wat bestaan uit musikaal begeesterde leerders, wat slegs deur hul stemme musiek maak. Dié aktiwiteit se formaat is grootliks gebaseer op die alombekende universiteitsêr van die ATKV. Geen instrumente word tydens die uitvoering aangewend nie. Vanaf 2015 behaal Linden se sêr-groep, die Linden Cadenza, uitsonderlike prestasies tydens die nasionale kompetisie waar Linden twee maal as nasionale wenners aangewys is.
In 2019 maak Linden se sêr-groep groot opslae deur ‘n integrale deel uit te vorm van die realiteitsreeks ‘Stem Saam’ wat op Via uitgesaai was en wat geskoei is op die voorbereiding vir 2019 se nasionale Animato A capella-kompetisie. Die groep verwerf tydens die jaar die algehele tweede plek.
In 2022 en 2023 behaal die groep uitstaande uitslae by die kompetisie en eindig hulle beide jare in die tweede plek nasionaal naas Oranje Meisiesskool.
Jaarlikse oudisies vind plaas waaruit ‘n groep vir die jaar saamgestel word. Hierdie aktiwiteit bied musikale leerders die geleentheid om hul liefde vir sang en die verhoog uit te leef en gaan jaarliks van krag tot krag.
Claudia Pienaar
claudia.pienaar@linden.co.za
Buite-afrigters word ingewin
Maandae van 18:30 tot 21:00
Ander tye volgens diskresie van die organiseerder en afrigter
Deelname aan Serenade vind van Januarie tot Oktober plaas
Hoërskool Linden neem deel aan die Animato-A Capella-kompetisie, Eisteddfod kunswedstryde en Artes.
Die Serenade-groep kies jaarliks ‘n tema en trek dienooreenkomstig aan vir die kompetisie