Artes

Die Artes spog met die room van die skool se kultuurtalent, aangesien daar van elke deelnemer verwag word om ‘n streng oudisieproses te slaag. Jaarliks is hierdie kultuuraktiwiteit ‘n platform vir ‘n merkwaardige kultuurskouspel wat gehoorlede op die punte van hul stoele bring. Die Artes bestaan uit drie genres naamlik: Skryfkuns, Beeldende kuns en Uitvoerende Kuns, elk met sy eie onderafdelings. Groot name van die vermaaklikheidsindustrie is al deur die jare aangewys as wenners van hierdie gesogte titel.

Die oudisies vind in September plaas en die Artes gala-aand vind plaas in Oktober