Debat

Debat word gesien as ‘n forum vir die intellektuele. ‘n Platform om kwessies eerbaar en insiggewend te kan bespreek.  Dit is ‘n genotvolle aktiwiteit en die doel daarvan is om elke deelnemer die vaardigheid van redenasie aan te leer, insluitend om jouself op ‘n gepaste wyse te kan uitdruk.  As debatteerder moet jy jou standpunt kan verdedig met konkrete feite en ‘n gemoed van staal.

Buite-afrigters word ingewin

Woensdae vanaf 16:00 tot 18:00

Kompetisies vind plaas in die eerste en derde kwartaal van die skoolkalender.
Leerders neem deel aan die ATKV-debatskompetisie. Die eerste rondte en die semifinale van die kompetisie vind in Maart en in April plaas en die finaal in Augustus.
Die leerders neem ook deel aan die Con Spirito-debatskompetisie wat in Julie plaasvind.