Die Klieks

Die Klieks is Hoërskool Linden se Fotografieklub.  Die Klieks is in 2017 deur Me. Marleen Rood gestig.   Die klub bied die geleentheid vir lede om hul kreatiwiteit uit te leef, hul kennis van fotografie uit te brei en hul belangstelling in ‘n passie te verander.  Die Klieks is lid van die Photographic Society of South Africa (PSSA) en neem aan dié organisasie se kompetisies deel.

Een van die hoogtepunte van Die Klieks is die jaarlikse fotografie-uitstalling wat Hoërskool Linden in Oktober aanbied.  Meer as 400 foto’s word in verskeie kategorieë uitgestal.  Omliggende skole se fotografieklubs word uitgenooi om deel te neem aan dié uitstalling.

Tydens Die Klieks se vergaderings word interessante, kort lesings oor fotografiese konsepte aangebied.  Die klub nooi gereeld gassprekers en beoordelaars wat hul kennis en entoesiasme met die lede kom deel.  Beoordeling van foto’s vind sewe keer ‘n jaar plaas waartydens die lede konstruktiewe terugvoer op hul werk ontvang.

Die afgelope twee jaar het verskeie van ons lede uitgeblink in die PSSA se Up and Coming Youth Salons en selfs twee katagoriewenners is opgelewer.

Marleen Rood
Fotografie kundiges en beoordelaars

Elke Woensdag tydens eerste pouse

PSSA-kompetisies
Hoërskool Linden se jaarlikse fotografie-uitstalling