FilmKlub

Hoërskool Linden bied vir leerders die geleentheid om te leer hoe om films te vervaardig. Die leerders leer verskeie vaardighede aan soos: hoe om ‘n kortfilm te skryf, hoe om ‘n regisseur of vervaardiger te wees, kamerawerk, grimering, stelontwerp, beligting, klank, redigering en toneelspel. Elke jaar vervaardig die leerders ‘n professionele kortfilm van 5 – 10 minute.

Nina Deale

Woensdae: 17:00 – 18:00
Ekstra tye volgens diskresie van die afrigter

DIFA hou aan die einde van die jaar ‘n Gala-byeenkoms en al die skole wat deel is van DIFA se kortfilms word by die geleentheid gewys. Pryse word toegeken vir verskeie katogorieë en die beste kortfilm van die jaar word by die byeenkoms aangewys

Soos deur die afrigter gespesifiseer