Ja-Nee

Die Ja-Nee Tydskrif word twee keer ‘n jaar gepubliseer. Artikels varieer van sport tot kultuur en natuurlik bietjie skindernuus. Die jong joernaliste kry ook die geleentheid om interessante onderhoude te voer met verskeie interessante mense in en om Linden.

Leerders is self verantwoordelik vir die publikasie van die tydskrif, insluitend die skryf van die artikels, die uitleg van die tydskrif, asook die neem van die foto’s wat ‘n groot deel van die tydskrif se sukses uitmaak. Daar word ook opleiding gebied vir die joernaliste om hulself te verbeter.

Monét Smith

Vergaderings word volgens sperdatums gereël

Deelname aan die Ja-Nee vind regdeur die jaar plaas