Lindenkoor

Die Lindenkoor bestaan reeds vir jare en is ‘n instelling in die gemeenskap. Die koor spog met vele cd’s op hulle kerfstok en het oor die jare verskeie nasionale en internasionale toekennings by koorfeeste en -kompetisies verwerf. Die Lindenkoor is ‘n hardwerkende groep leerders wat lief is vir musiek en graag ander mense met hulle Godgegewe talente wil bedien. Die koor onder leiding van Raine Pienaar bring die hemelse klank af aarde toe en groei van krag tot krag.

Raine Pienaar

Dinsdae van 19:00 tot 21:00
Donderdae van 19:00 tot 21:00
Die dag voor die skool begin na ‘n skoolvakansie van 15:00 tot 21:00
Sommige vakansiedae

Kompetisies
Deelname aan die Lindenkoor vind regdeur die jaar plaas.
Hoërskool Linden neem deel aan die volgende kompetisies en optredes:

  • NEA
  • Koorfeeste
  • Camerata
  • ATKV-Applous

Naweekkampe in Februarie en Oktober
Toer in Junie/Julie vir twee weke tydens die skoolvakansie