Skoolwapen
Die wapen is deur die destydse kunsonderwyser, mnr. Pappa Douwes ontwerp. Mnr. Douwes was nie net n kunsonderwyser nie, maar ook ‘n beroemde skilder van daardie tyd. Sy talent is ontdek deur die beroemde skilder, Bosman, wat vir hom kunslesse gegee het.
Die wapen is eenvoudig, sterk en kompak. Die hardloper openbaar ‘n karakter van krag en geloof wat hardloop met die doel om die eindpaal te haal. Dit alles is gebasseer op die boek van die wetenskap wat die regte koers moet aangee.
Die hele wapen word saamgevat in die skool se leuse: VOLHARD. Die oorsprong van die leuse kom uit Hebreers 12:1: … en met volharding loop ons die wedloop wat voor ons lê.