Gholfdag
Hoërskool Linden se gholfdag vind by die Parkview Gholfklub plaas. Dit is ‘n gesellige dag waartydens spelers en vriende die geleentheid ontvang om een van die beste gholfbane in Johannesburg te geniet.
Die gholfdag sluit ‘n ligte halfweghuis- en aandete in en vele groot pryse is op die spel. Borgskap-geleenthede is aan individue en besighede beskikbaar.