Ons is bevoorreg om jaarliks saam te trek as ouers vir die ouers se grootste fondsinsamelingsaksie – die wynkuier (veiling van ouds). Sedert 2023 staan hierdie geleentheid bekend as die KKNW – Kuns, Kaas en Wyn Kuier, waartydens ons ouers, die gemeenskap en vriende saamtrek rondom ‘n tafel met lekker eet- en drinkgoed, pragkuns en goeie musiek. Hier word daar dan ten bate van die skool se projekte, kunsskeppings van ons leerders, unieke ervarings en wyne vanuit die hoogste gehalte opgeveil. Die geleentheid vind aan die begin van Maartmaand plaas.