Meidans

Die Meidans is een van Hoërskool Linden se oudste tradisies en vind altyd die eerste Saterdagaand in Mei plaas. Dit is ‘n formele geleentheid en slegs die graad 10 tot 12 leerders het die voorreg om dit by te woon. Tafels word in die saal gedek en ‘n driegang-maaltyd word bedien.  Dit is die een aand van die jaar wat die Lindeniete nie sokkie nie, maar wals en two-step in hulle mooiste aandklere.