Valentynsdans

Lindeniete glo in liefde en omgee vir mekaar. Elke jaar vier ons die liefde met ‘n Valentynsdans in Februarie. Die graad 11’s is verantwoordelik vir die opmaak van die saal en dit word gewoonlik volgens ‘n interessante tema gedoen. Die Valentynsdans is vir al die leerders in die skool en volgens tradisie woon die graad 8’s dit in skoolklere by.