Dogtershokkie

Hoof van Hokkie: Leon Keulder
leonkeulder@gmail.com

Hoofvoog (Dogters): Dané De Wet
dane.dewet@linden.co.za

Eerste-span: Jahntwa Kruger

Tweede-span: Jahntwa Kruger

o/16A: Dané de Wet

o/15A en B: Julianne du Plessis

o/14A en B: Leon Keulder / Lauren Symons

Doelwagters: Cullin de Jager

Oefeninge vind tydens die eerste-, tweede- en derde kwartale op Maandae tot Vrydae plaas.

Oefenroosters word maandeliks op d6 en die “Sportivo App” geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir verdere navrae.

Wedstryde vir dogters vind grootendeels op Dinsdae en Saterdae plaas, alhoewel daar selektiewe ligabepalings is wat bepaal dat hulle op Woensdae / Donderdae speel.

Wedstryde vir seuns vind grotendeels op Donderdae en Saterdae plaas, alhoewel daar selektiewe ligabepalings is wat bepaal dat hulle op Woensdae speel.

Hoërskool Linden se dogters neem in die nuwe Sentraal Liga deel om sodoende die geleentheid te hê om vir die Noordvaal-Kompetisie te kwalifiseer. Hierdie o/16- en o/18-dogtersspanne neem ook jaarliks aan die gesogte Pullen & Howell-kompetisie deel.

Die seuns en dogters neem ook aan die nuutgestigde Grautz Liga deel.

Daar word ook jaarliks in die derde- en vierde kwartale aan verskeie “5-a-side” geleenthede en toernooie deelgeneem. Ons neem ook jaarliks aan die voorseisoense Superreeks teen Hoërskole Brandwag, Tuine, Bastion, Wagpos, Birchleigh, Vereeniging Gimnasium en Generaal Hertzog deel.

Ons o/16- en Eerste-spanne toer jaarliks in April na Hilton College om aan die gesogte Fairweather Festival te gaan deelneem. Linden se Eerste-spanne toer in 2024 na Namibie. Ons Tweede-spanne speel ook in toernooie by onder andere Hoërskool Eldoraigne.

Alle spanne neem deurlopend die jaar aan kompeterende feeste in die omliggende areas deel.

Klinieke en ontwikkelingsgeleenthede, sowel as hoë-prestasie sessies word deurlopend die jaar op ‘n gereelde basis vir alle Lindeniete aangebied om sodoende progressiewe groei aan te moedig en te fassiliteer.

Eerste- en Tweede-span: Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van die jonger spanne.

Junior- en o/16-spanne: Hoërskool Linden “skort” met moulose hokkie-top. Bottelgroen “ski-pants” onder rompie. Groen Linden-kouse met Linden langs die kant geskryf.

Drag by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden)