Seunskrieket en Dogterskrieket
Ooreenkoms tussen Hoërskool Linden en Randburg Krieketklub:
Linden en Randburg Krieketklub vat hande om die volgende te fassiliteer:
- Platvorm vir leerders om in die winterseisoen te speel.
- Gebruik van addisionele velde en fassiliteite.
- Beskikbare afrigters vir die aanbieding van spesialis-klinieke.
- Blootstelling vir draai- en snelboulers, paaltjiewagters, top- middel- en lae-ordekolwers.
- Linden Aandreeks in September/ Oktober 2024.
Hoof van Krieket: Bevan Behr
bevan.behr@linden.co.za
Eerste-span: Bevan Behr / Roeland Schoombee
Juniorspanne: Marco Jansen van Rensburg / Duan Botha / Matthew Parr
Dogters: Eksterne Afrigter / Matthew Parr
Oefeninge vind in die eerste-, derde en vierde kwartaal op Maandae, Dinsdae en Donderdae plaas.
Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir verdere navrae.
Wedstryde vind grootendeels soos volg plaas:
Woensdae: Johnny Waite-liga (Junior- en Senior Seuns: 20 Boulbeurte)
Donderdae: Dogtersliga (20/25 Boulbeurte)
Saterdae: Finsbury-liga (Junior en Senior Seuns: 50 Boulbeurte)
Linden Krieket neem aan die gesogte Johnny Waite- en Finsbury-liga’s deel. Ons speel ook vanaf 2024 in die Wesrandliga gedurende die Augustus- en Septembermaande wedstryde teen kompeterende omliggende skole. Gedurende September/Oktober bied Linden ‘n splinternuwe aandreeks in samewerking met Randburg Krieketklub aan. Dis ‘n splinternuwe 15-boulbeurt formaat wat beloof om vir groot opwinding te sorg.
- Die Eerstespan gaan toer gedurende die Junie-vakansie na die Sportweni Krieketweek, wat aan die Natalse Suidkus te Port Shepstone plaasvind.
- Die dogters woon gedurende die Junie-vakansie die Rob Legacy Kriekettoernooi, wat by Hoërskool Rob Ferreira te Witrivier plaasvind, by.
- Spesialis-klinieke en ontwikkelingsgeleenthede vind deurlopend die seisoen, asook die winterseisoen vir ons spanne plaas.
Eerste-span: Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van die jonger spanne.
Ander spanne: Hoërskool Linden krieketbroeke en -hemde word deur IXU vervaardig en is aanlyn by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden). Oortrektruie en “baggy”-pette is ook hier beskikbaar.