Netbal

Hoof van Netbal: Magriet Nel
magriet.nel@linden.co.za

Eerste-span: Magriet Nel / Ann Snyman

Tweede-span: Lisa-Marie Henning

o/17A: Juanita Fourie

o/16A: Lizeé J v Rensburg

o/16B: Eksterne Afrigter

15A: Ann Snyman / Magriet Nel

o/15B: Juzelle Pieterse / Maryna Liebenberg

o/15C: Aletta Opperman

14A: Cayla Knacke

o/14B: Melissa Scheepers / Maryna Liebenberg

o/14C: Eksterne Afrigter

Oefeninge vind tydens die eerste-, tweede- en derde kwartale op Maandae, Dinsdae en Donderdae plaas.

Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir verdere navrae.

Wedstryde vind in die voorseinsoense Superreeks op Saterdae plaas, alhoewel die JOMO-ligabepalings tydens die week gespeel word.

Hoërskool Linden speel in die JOMO-liga, waar ons spanne jaarliks vir die Distrik- en Provinsiale uitspele kwalifiseer, teen Hoërskole Noordheuwel, Monnas, Florida, Helpmekaar Kollege, Randpark High en Randburg.

Ons neem ook jaarliks aan die voorseisoense Superreeks teen Hoërskole Brandwag, Tuine, Bastion, Wagpos, Birchleigh, Vereeniging Gimnasium en Generaal Hertzog deel.

Daar vind in Kwartaal 3 en 4 ook Fast 5-netbal plaas waar speelsters die geleentheid het om vir die Provinsiale uitspele te kwalifiseer.

Ons o/14- tot Eerste-spanne neem in die Maart-vakansie aan die gesogte Menlofees deel. Ons Eerste-span toer in 2024 na Walvisbaai in Namibië.

Klinieke en ontwikkelingsgeleenthede vind deurlopend die seisoen vir ons spanne plaas.

Eerste-span: Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van die ander spanne.

Junior- , o/16- en Tweede-spanne: Hoërskool Linden “skort” met moulose netbaltop.

Drag by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden)