Rugby

“Rugga School”

“Rugga School” is ń fantastiese model om by betrokke te raak wat posisie- en spelverwante vaardigheide, krag, kondisionering en samehorigheid aanbetref.

Leerders word deur gekontrakteerde Leeus-spelers afgerig. Hierdie is ook ń model wat ons permanent op ń weeklikse basis by Hoërskool Linden fassiliteer.

https://www.ruggaschool.com/

Hoof van Rugby: Andrew Todd
andrew.todd@linden.co.za

Eerste-span: Martin Henning / Rúan Basson

Tweede-span: Gerrie Scheepers / Henry Rall

o/16A: Andrew Todd / Marco J v Rensburg

o/15A: Bevan Behr / Franco Adendorff

o/14A: Morné Strydom / Ruan Muller

Voorspeler-spesialis: (o/14-o/16): Morné Strydom

Agterspeler-spesialis: (o/14-o/16): Rúan Basson

Oefeninge vind tydens die eerste-, tweede- en derde kwartale op Maandae tot Vrydae plaas.

Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir verdere navrae.

Wedstryde vind grootendeels op Saterdae plaas, alhoewel daar selektiewe ligabepalings is wat tydens die week gespeel word.

Hoërskool Linden speel in Afdeling 3 van die Goue Leeus-liga, waar spanne die geleentheid het om vir die Noordvaal-kompetisie te kwalifiseer. Die Goue Leeus beskik nie oor ’n Afdeling 2 nie. Skole teen wie ons meeding is Hoërskole Florida, Riebeeckrand, Fochville, Allen Glen High, Glenharvie en Bastion.

Ons neem ook jaarliks aan die voorseisoense Superreeks teen Hoërskole Brandwag, Tuine, Bastion, Wagpos, Birchleigh, Vereeniging Gimnasium en Generaal Hertzog deel.

Linden speel ook ’n jaarlikse FNB Classic Clash teen Hoërskool Randburg.

Daar vind in Kwartaal 3 en 4 ook 7’s Rugby plaas waar spelers aangemoedig word om betrokke te bly. Linden neem aan die Bergsig 7’s- en die Randburg 7’s-Toernooie deel.

Ons o/14- tot o/16-spanne toer oor die Maartvakansie na Naboomspruit om by Hoërskool Hans Strijdom aan die gesogte Mauritz Hansen-rugbyweek (Hansie-week) deel te neem. Ons Eerste-span toer in 2024 na Walvisbaai in Namibië.

Klinieke en ontwikkelingsgeleenthede vind deurlopend die seisoen vir ons spanne plaas.

Eerste- en Tweede-span: Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van die jonger spanne.

Junior- en o/16-spanne: Hoërskool Linden groen rugbybroek is in die Sportkantoor beskikbaar. Wit Linden-rugbykouse is by Burger Broers en Constantia Schoolwear beskikbaar.