Swem

Swemorganiseerder en Afrigter: Franco Adendorff
franco.adendorff@linden.co.za

Linden gebruik die Linden Publieke Swembad as tuisbodem en oefen op Woensdae- en Vrydae-oggende vanaf 07:00-07:45. Die skoolbus neem die leerders na afloop van die oefeninge na Hoërskool Linden, terwyl dit die ouer se verantwoordelikheid is om te sorg dat leerders om 06:45 by die Linden Publieke Swembad aanmeld.

Linden neem in kwartaal 1 (Individuele Gala’s) en kwartaal 4 (Aflosgala’s) aan die Gauteng Skoleliga deel. Ons neem in Februarie aan Divisie 1 Liga E se Interhoër-gala teen Hoërskole Randburg, Curro Aurora, Monnas en Waterstone College deel. In 2023 verwerf Linden ‘n algehele 1ste plek by Divisie 1 Liga F se Interhoër-gala en lewer ‘n rekordgetal van 21 swemmers in die Prestige Gala op.

Ons moedig ons swemmers aan om vir die jaarlikse Midmar Myl in te skryf, waar ons afrigter Mnr. Franco Adendorff self deelneem.

Interhoër-span: Wit swemkêppie by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden).  Pleinswart swemkostuum van eie keuse.

Gala-span: Groen swemkêppie by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden). Pleinswart swemkostuum van eie keuse.