HOËRSKOOL LINDEN

Sedert 1947

Die jongste

nuus

  • All Posts
  • Lindennuus 2026

kennisgewingbord:

Dagboek die datums

welkom by hoërskool linden

In die hartjie van Johannesburg staan ‘n geskiedkundige Afrikaanse Hoërskool wat sedert 1947 op verskillende terreine trots sy plek in die Suid-Afrikaanse samelewing volstaan – ons trots, ons huis, Hoërskool Linden.

Met sy ryk tradisie en ‘n toekomsvisie wat relevante onderrig verseker, is Hoërskool Linden dié plek vir jou. Dit is ‘n skool met waardes wat spreek van respek, uitnemendheid, integriteit en lojaliteit.

By Hoërskool Linden skep ons ‘n ruimte waar jongmense toegerus word om die wêreld met selfvertroue, kennis en vaardighede aan te pak. Ons gee om, is inklusief, gefokus om dissipline te handhaaf en strewe daarna om lewens te verryk. Die skool bied ‘n veilige tuiste waar leerders in staat gestel word om hulle vermoëns te ontwikkel deur middel van ‘n breë spektrum geleenthede.

Hoërskool Linden is ’n trotse instelling wat voortdurend groei, groot drome vir die toekoms koester, en onvermoeid werk om ons visie met passie en toewyding te verwesenlik.

Vinnige skakels

wat bied ons:

Hoërskool Linden bied ’n gebalanseerde skoolervaring waar sport, kultuur, sosiale betrokkenheid en akademie hand aan hand gaan. Leerders ontwikkel hul talente, bou sterk verhoudings en groei akademies tot hul volle potensiaal, terwyl waardes, dissipline en trots sentraal staan.

skoolure

07:25 - 13:45

Vir enige navrae of indien u inligting benodig kontak ons gerus!