VAKKEUSES
Jou toekoms begin met jou vakkeuses
Graag bied ons die volgende inligting oor die VAKKE aan, sodat u kind ’n goed deurdagte en ingeligte keuse vir sy of haar toekoms kan maak.
graad 8 en 9 vakkeuses
SLAAGVEREISTES:
- Ten minste 50% in Afrikaans Huistaal
- Ten minste 40% in Engels Eerste Addisionele Taal EN Wiskunde
- Ten minste 40% in drie ander vakke
- Ten minste 30% in twee ander vakke
GRAAD 10-12 VAKKEUSES:
Afdeling A: Vier verpligte vakke
Afdeling B: Kies drie van die volgende vakke
VERPLIGTEND:
Kies ten minste TWEE vakke uit EEN organiseringsveld en ’n DERDE vak uit enige ander veld
(die keuse sluit 8ste vakke uit) OF kies DRIE vakke uit EEN veld.
ORGANISERINGSVELD 1
ORGANISERINGSVELD 2
ORGANISERINGSVELD 3
ORGANISERINGSVELD 4
ADDISIONELE VAKKE
(nie deel van die vereiste 7 vakke nie)
- ‘n Minimum van 40% in huistaal
- ‘n Minimum van 40% in twee ander vakke
- ‘n Minimum van 30% in drie ander vakke
- ‘n NSS met ‘n diploma-endossement hê.
- Ten minste 30% bereik in die onderrigtaal van die hoër onderwysinstelling.
- ‘n Prestasievlak van 3 (40–49%) of hoër in vier erkende 20-krediet NSS-vakke hê (Lewensoriëntering uitgesluit).
- Aan enige ander spesifieke vereistes van die universiteit voldoen.
- ‘n NSS met ‘n baccalaureus-endossement hê.
- Ten minste 30% bereik in die onderrigtaal van die hoër onderwysinstelling.
- ‘n Prestasievlak van 4 (50–59%) of hoër in vier erkende 20-krediet NSS-vakke hê (Lewensoriëntering uitgesluit).
- Aan enige ander spesifieke vereistes van die universiteit voldoen.
Vakveranderings:
Die Departement van Onderwys bepaal dat geen leerder ‘n vak in Graad 12 mag verander nie. Die laaste geleentheid om vakke te verander geskied aan die einde van Kwartaal 1 in die Graad 11- jaar.
Belangrike punte om te onthou vir verdere studies
- Spesifieke vakvereistes: Sekere programme vereis spesifieke vakke op sekere vlakke. Byvoorbeeld, ingenieurswese-programme mag vereis dat jy Wiskunde en Fisiese Wetenskappe op 'n hoë vlak voltooi het.
- Beperkte plekke: Selfs al voldoen jy aan die minimum vereistes, kan toelating nie gewaarborg word nie weens beperkte plekke en hoë aanvraag.
- Oorbruggingsprogramme: As jy nie aan die vereistes voldoen nie, oorweeg om 'n oorbruggingsprogram of hoër sertifikaat te voltooi om jou kanse op toelating te verbeter.
- Doen jou eie navorsing by universiteite vir verdere inligting.







Loopbaanbeplanning
Yenza is ’n vooraanstaande, veelbekroonde loopbaanplatform wat uitstekende loopbaanleiding en -ontwikkeling bied, en jong studente toerus om sukses te behaal in die moderne werkswêreld.








