Finansies
oorsig van skoolfondse en beplanning
Hoërskool Linden se skoolgeld word jaarliks deur die Beheerliggaam vasgestel op die ouervergadering wat in Oktober plaasvind.
SKOOLFONDS
- Die eerste betaling van R5 150 is betaalbaar voor of op 30 November 2025.
- Skoolgeld is eenmalig of maandeliks per debietorder, kontant, kredietkaart of elektroniese oordrag betaalbaar
- Maandelikse betalings vir graad 8 tot 11-leerders strek oor 10 maande vanaf Januarie tot Oktober
- Maandelikse betalings vir graad 12-leerders strek oor 7 maande vanaf Januarie tot Julie
HOE MOET SKOOLGELD BETAAL WORD:
BELANGRIKE INLIGTING:
- Vir graad 8’s en nuwe leerders is daar ’n eenmalige tegnologiefooi van R1 200, betaalbaar voor of op 31 Januarie 2026.
- Die eerste betaling van R5 150 is betaalbaar voor of op 30 November 2025.
- ’n Betaalplan is beskikbaar by die ondertekening van ’n maandlikse debietorder (met ’n keuse van vier betaaldatums; die eerste aftrekking vind in Januarie 2026 plaas).
- ’n Diskonto van R2 032 is van toepassing indien die volle jaarfooi betaal word voor of op 30 November 2025, en ’n diskonto van R1 355 indien dit betaal word voor of op 31 Januarie 2026.
- Waar die betaalplan gekies word vir graad 8’s en nuwe leerders, sal die eenmalige tegnologiefooi ingesluit word by die Januarie-debietorderbetaling.
Bankbesonderhede:
- Rekeningnaam: Hoërskool Linden
- Naam van bank: FNB Northcliff
- Rekeningnommer: 62577202410
- Takkode: 253705
(By betaling van skoolgeld gebruik asseblief verwysingsnommer soos aangedui op rekening vir enige ander betaling word kind se naam en aktiwiteit gebruik.)