fietsry

Hoërskool Linden se fietsry bied leerders die geleentheid om aan berm- en MTB-wedrenne sowel as oefenritte deel te neem. Gereelde afrigting en deelname aan die Cycle Lab MTB Skolereeks ontwikkel fisiese fiksheid, tegniese ryvaardighede, uithouvermoë en ’n gesonde, aktiewe leefstyl.

 

ALGEMEEN

  • Oefensessies vind gedurende die eerste, tweede en derde kwartaal plaas op Maandae, Donderdae en Vrydae.
  • Die oefenrooster word maandeliks op d6 geplaas. Kontak asseblief die organiseerder indien u enige verdere navrae het.
  • Hoërskool Linden neem jaarliks deel aan die Cycle Lab MTB Skolereeks, wat vanaf Mei in die tweede kwartaal plaasvind. Hierdie veldfietsreeks bied aan ons fietsryers ’n ideale geleentheid om hul vaardighede in ’n mededingende, maar ondersteunende omgewing te ontwikkel en uit te leef.
  • Alle ryers: Linden Fietsryhemp by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden).