Public speaking
Public Speaking by Linden help leerders om hul stem te vind en dit met selfvertroue te gebruik. Deur voorbereide en onvoorbereide toesprake leer leerders om duidelik te kommunikeer, idees oortuigend oor te dra en met selfvertroue voor ’n gehoor te staan. Dit bou selfvertroue, leierskap en sterk kommunikasievaardighede – eienskappe wat leerders in elke aspek van hul lewe bemagtig.
ALGEMEEN
Public speaking
By Hoërskool Linden vind Public Speaking in spanverband plaas. Elke lid van die span kry die geleentheid om ‘n formele, gestruktureerde toespraak oor ‘n gedeelte van die onderwerp aan die gehoor te lewer. Public Speaking bied aan ons leerders die geleentheid om met selfvertroue voor ‘n gehoor te praat, effektief te luister en hulself op ‘n kreatiewe wyse uit te druk.
Organiseerder
Melandi Jacobs
Kompetisies
Kompetisies vind plaas in die eerste en vierde kwartaal van die skoolkalender
Hoërskool Linden neem deel aan die Speech and Drama College (SA) kompetisies