redenaars
Redenaars by Linden fokus op die kuns om gedagtes duidelik, logies en oortuigend te verwoord. Leerders ontwikkel selfvertroue, kritiese denke en sterk kommunikasievaardighede deur voorbereide en onvoorbereide toesprake. Dit leer hulle om met insig te praat, met respek te luister en met oortuiging standpunt in te neem – vaardighede wat lank ná die verhoog waardevol bly.
ALGEMEEN
redenaars
Redenaars bied aan leerders die geleentheid om ‘n oorredende en beredeneerde toespraak in verskeie kategorieë aan ‘n gehoor te lewer. Die doel van redenaars is nie om kennis aan die gehoor oor te dra nie, maar om die gehoor tot die standpunt wat die spreker stel te beinvloed en te oorreed.
kompetisies
Kompetisies vind plaas in die eerste en tweede kwartaal van die skoolkalender
Hoërskool Linden neem deel aan die ATKV-Redenaarskompetisie
Eerste ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie vind tydens die maand van Maart plaas, semifinale rondte in Mei en die finaal in Augustus