KRIEKET

Krieket by Hoërskool Linden is ‘n spel van strategie, spanwerk en deursettingsvermoë. Ons spelers ontwikkel nie net hul tegniese vaardighede nie, maar ook ‘n sterk sportmanskap-gees op en van die veld af. Met toegewyde afrigting en ‘n passie vir die spel, lewer ons krieketspanne hul beste in elke beurt, bal en boulbeurt.

Buite Afrigter en Organiseerder Seniors Seuns + Krieket Akademie: johan mulder

Danjue Neethling

Matthew Parr

Dries du Toit

Duan Botha

Mia

Algemeen

Oefeninge vind in die eerste-, derde en vierde kwartaal op Maandae, Dinsdae en Donderdae plaas.

Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir verdere navrae.

Wedstryde vind grootendeels soos volg plaas:

  • Woensdae: Johnny Waite-liga (Junior- en Senior Seuns: 20 Boulbeurte)
  • Donderdae: Dogtersliga (20/25 Boulbeurte)
  • Saterdae: Finsbury-liga (Junior en Senior Seuns: 50 Boulbeurte)

Eerste-span: Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van die jonger spanne.

Ander spanne: Hoërskool Linden krieketbroeke en -hemde word deur IXU vervaardig en is aanlyn by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden). Oortrektruie en “baggy”-pette is ook hier beskikbaar.

Krieket Hoogtepunte