SWEM

Hoërskool Linden se swemmers duik met passie en toewyding in die water! Ons spog met ‘n trotse swemtradisie, uitstekende afrigting en ‘n span wat gereeld op die wenpodium eindig. Of dit vir spangees of kompetisie is, ons swemmers dryf mekaar tot nuwe hoogtes en maak golwe in elke swembad waarin hulle deelneem.

Brenda Schutte

Marna Fourie

Algemeen

Linden gebruik die Linden Publieke Swembad as tuisbodem en oefen op Woensdae- en Vrydae-oggende vanaf 07:00-07:45. Die skoolbus neem die leerders na afloop van die oefeninge na Hoërskool Linden, terwyl dit die ouer se verantwoordelikheid is om te sorg dat leerders om 06:45 by die Linden Publieke Swembad aanmeld.

Linden neem in kwartaal 1 (Individuele Gala’s) en kwartaal 4 (Aflosgala’s) aan die Gauteng Skoleliga deel. Ons neem in Februarie aan Divisie 1 Liga E se Interhoër-gala teen Hoërskole Randburg, Curro Aurora, Monnas en Waterstone College deel. In 2023 verwerf Linden ‘n algehele 1ste plek by Divisie 1 Liga F se Interhoër-gala en lewer ‘n rekordgetal van 21 swemmers in die Prestige Gala op.

Interhoër-span: Wit swemkêppie by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden).  Pleinswart swemkostuum van eie keuse.

Gala-span: Groen swemkêppie by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools → Hoërskool Linden). Pleinswart swemkostuum van eie keuse.

 

Swem Hoogtepunte