ukunaka

ons gee om vir mekaar ons medemens en die gemeenskap

Ukunaka is Hoërskool Linden se eie welsyn groep wat beteken “om om te gee”. Ukunaka streef daarna om behoeftige leerders van ons skool finansieel en emosioneel by te staan. Die Ukunaka komitee dryf hierdie inisiatief en bestaan uit Graad 9 -11 leerlinge.

Ukunaka is betrokke by die volgende projekte:

  • Insameling van nie-bederfbare voedselprodukte asook toiletware, wat aan behoeftige gesinne 2-3 maal per jaar uitgedeel word
  • Jaarlikse muntlegging om fondse in te samel
  • Jaarlikse “Baadjies-aan-bome-projek” wat warm klere insamel vir behoeftige mense in die breër gemeenskap.
  • Verskeie fondsinsamelingsprojekte deur die jaar om die Ukunaka-fonds aan te vul.
  • ‘n Kersprojek waartydens geskenke, kos en lekkernye vir behoeftige gesinne vir Kersfees ingesamel word.
  • Vitreik aksies in die gemeenskap na ouetehuise, kinderhuise, hospitale en ander.
  • Wanneer die leerlinge verjaar, borg ons in R100 snoepie bewys wat grotendeels van die onderwysers afkomstig is.
  • Broodjies en ander lekkernye word daagliks vir pouse aan behoeftige leerlinge gegee. Die Ukunaka komitee is daarvoor verantwoordelik om die etes te voorsien.

maniere om

betrokke te raak

  • Opvul van die Ukunaka-winkelsakke met ‘n inkopielys wat beskikbaar is vir ouers om vol te maak
  • Finansiële bydraes of geskenkbewyse tot Ukunaka vir aankoop van nie-bederfbare produkte en toiletware
  • Finansiële bydraes tot die Ukunaka hulpfonds wat sosiale geleenthede, kampe, toere en ander onmiddellike uitgawes van leerders in nood dek.
  • Skenkings van besighede bv. skoolskoene, skryfbehoeftes ens.
  • Neem verantwoordelikheid vir ‘n spesifieke behoeftige leerder se uitgawes met betrekking tot skool uitstappies, kamp gelde, sportbenodighede en so meer

Finansiële bydrae kan gedoen word in skool se rekening:

Rekeninghouer: Hoërskool Linden

Bank: FNB

Rekening nommer: 62577 202 410

Takkode: 250655

Verwysings: Jou naam en van asook: UKUNAKA (Verwysing van skenkings in die hulpfonds moet aandui Ukunaka Hulpfonds)

Indien u betrokke wil raak, stuur asseblief ‘n epos na: pauline.grobler@linden.co.za of sharon.desouza@linden.co.za