e-sport
Hoërskool Linden se e-sport bied leerders ’n moderne en dinamiese platform om strategiese denke, spanwerk en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel. Deur georganiseerde deelname aan kompetisies leer leerders om verantwoordelik te speel, onder druk besluite te neem en digitale vaardighede te slyp binne ’n gestruktureerde en ondersteunende omgewing.
ALGEMEEN
wat is e-sport
E-sport is ’n vorm van kompeterende sport waar leerders in spanne op digitale platforms teen mekaar meeding deur middel van video-speletjies. Dit is veel meer as net speel – dit bevorder waardevolle vaardighede wat tot sukses binne én buite die klaskamer bydra.
E-sport help leerders ontwikkel in verskeie sleutelareas:
Konseptuele denke: Om uit te blink, verg vinnige denke, kreatiewe probleemoplossing, strategiese beplanning en effektiewe uitvoering.
Spanwerk: Goeie kommunikasie en samewerking is noodsaaklik – ’n vaardigheid wat in die werksplek én in die lewe tel.
Sportmanskap: Soos op die sportveld, leer spelers hier om emosies te bestuur, te groei deur mislukking en respek te hê vir teenstanders.
E-sport brei die speelveld vir deelname uit – dit is inklusief en toeganklik vir alle leerders, ongeag geslag, vaardigheid, kultuur of ligging.
Boonop bied dit ’n uitstekende manier om leerderbetrokkenheid by die skool te bevorder en nuwe geleenthede vir deelname te skep.
ligas en toernooie
- Die toernooi het 2 hoofafdelinas waaraan spanne deelneem, naamlik Rocket Leaque (RL) en Counter Strike: Global Offence (CS:GO). Die hoeveelheid spanne en skole betrokke verander elke jaar.