atletiek

By Hoërskool Linden is atletiek meer as net ‘n sport – dit is ‘n geleentheid vir ons leerders om hul volle potensiaal te bereik, deursettingsvermoë te toon en skooltrots uit te leef. Met toegewyde afrigters, uitstekende fasiliteite en ‘n kultuur van uitnemendheid, neem ons atlete deel aan ‘n verskeidenheid baan- en veldnommers. Of dit op die oefenbaan of tydens kompetisies is, ons spog met ‘n trotse atletiektradisie en ‘n span wat altyd vir goud gaan!

Atletiek Organiseerder:
Juzelle Pieterse

Ruan Muller

Ashley de Souza

Justin Louwrens

Harry Vermeulen

Gerrie Scheepers

Eben Vermaas

atletiek prestasies 2025

Gauteng Kampioenskappe

  • Nina Kotzé: Dogters o.19 Driesprong (4de-plek) en Verspring (7de-plek)
  • Isabell-Rose Lemon: Dogters o.17 Hoogspring (4de-plek)
  • Ané De Jager: Dogters o.17 Spiesgooi (4de-plek)
  • Jeandry Opperman: Seuns o.17 110m Hekkies (5de-plek) en 200m (7de-plek)
  • Dieter Swanepoel: Seuns o.15 Diskus (6de-plek)
  • Duanaé Lessingh: Dogters o.19 5000m (6de-plek)

Atletiek Hoogtepunte

ALGEMEEN

Oefeninge vind in die eerste-, derde- en vierde kwartale van die skoolkalender op Maandae tot Donderdae plaas.

Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerders vir verdere navrae.

Byeenkomste vind tydens die eerste kwartaal grootendeels op Vrydae plaas met selektiewe top-atleetbyeenkomste wat tydens die week plaasvind.

Hoërskool Linden neem ook tans in Groep 4 van die NWU Super-Interhoër deel en het jaarliks atlete wat verder op distrik-, provinsiale- en nasionale vlak deelneem.

In die derde en vierde kwartaal neem Lindeniete ook aan die volgende groot skolebyeenkomste deel:

  • TUT Top 20
  • Elardus Erasmus Top 30 (Naboomspruit)
  • Hoërskool Punt Top 10 (Mosselbaai)
  • Egoli Prestige Byeenkoms (UJ)
  • PUK Top 30 (Grootste skolebyeenkoms in die wêreld)

 

Nuwe atletiekdrag by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools Hoërskool Linden). Pasgroottes is by die Sportkantoor beskikbaar.