FOTOGRAFIEKLUB
(DIE KLIEKS)
Die Kliks is Linden se fotografieklub waar leerders leer om die wêreld met ’n fyn oog raak te sien. Hier ontwikkel hulle kreatiwiteit, tegniese vaardighede en storievertelling deur beeld. Of dit aksie, portrette of oomblikke agter die skerms is – Die Kliks leer leerders om meer as net ’n foto te neem, maar ’n storie vas te vang. Dit is ’n ruimte waar waarneming, geduld en kreatiewe selfuitdrukking saamkom.
ALGEMEEN
DIE KLIEKS
Die Klieks is Hoërskool Linden se Fotografieklub.
Die Klieks is in 2017 deur Me. Marleen Rood gestig.
Die klub bied die geleentheid vir lede om hul
kreatiwiteit uit te leef, hul kennis van fotografie uit te brei en hul belangstelling in ‘n passie te verander. Die Klieks is lid van die Photographic Society of South Africa (PSSA) en neem aan dié organisasie se kompetisies deel.
Een van die hoogtepunte van Die Klieks is die jaarlikse fotografie-uitstalling wat Hoërskool Linden in Oktober aanbied. Meer as 400 foto’s word in verskeie kategorieë uitgestal. Omliggende skole se fotografieklubs word uitgenooi om deel te neem aan dié uitstalling.
Tydens Die Klieks se vergaderings word interessante, kort lesings oor fotografiese konsepte aangebied. Die klub nooi gereeld gassprekers en beoordelaars wat hul kennis en entoesiasme met die lede kom deel. Beoordeling van foto’s vind sewe keer ‘n jaar plaas waartydens die lede konstruktiewe terugvoer op hul werk ontvang.
Die afgelope twee jaar het verskeie van ons lede uitgeblink in die PSSA se Up and Coming Youth Salons en selfs twee katagoriewenners is opgelewer.
KOMPETISIES
PSSA-kompetisies
Hoërskool Linden se jaarlikse fotografie-uitstalling