netbal
Netbal is ’n trotse en dinamiese sport by Hoërskool Linden, met spanne wat gereeld hul staal wys op die baan. Ons spog met toegewyde afrigters, uitstekende sportfasiliteite en ’n kultuur van spanwerk, dissipline en deursettingsvermoë. Van beginners tot provinsiale spelers – elke leerder kry die geleentheid om te groei en uit te blink. Netbal is meer as net ’n sport – dis waar vriendskappe blom en karakter gebou word.
Netbal Hoogtepunte
ALGEMEEN
OEFENTYE
Oefeninge vind tydens die eerste-, tweede- en derde kwartale op Maandae, Dinsdae en Donderdae plaas.
Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir verdere navrae.
ligas en kompetisies
Hoërskool Linden speel in die JOMO-liga, waar ons spanne jaarliks vir die Distrik- en Provinsiale uitspele kwalifiseer, teen Hoërskole Noordheuwel, Monnas, Florida, Helpmekaar Kollege, Randpark High en Randburg.
Ons neem ook jaarliks aan die voorseisoense Superreeks teen Hoërskole Brandwag, Tuine, Bastion, Wagpos, Birchleigh, Vereeniging Gimnasium en Generaal Hertzog deel
Daar vind in Kwartaal 3 en 4 ook Fast 5-netbal plaas waar speelsters die geleentheid het om vir die Provinsiale uitspele te kwalifiseer.
VOORGESKREWE DRAG
Eerste-span: Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van die ander spanne.
Junior-, o/16- en Tweede-spanne: Hoërskool Linden “skort” met moulose netbaltop.
Drag by www.nolimits.co.za beskikbaar. (Shop Schools – Hoërskool Linden)

