skaak

Hoërskool Linden se skaak bied leerders ’n intellektuele sport waar strategiese denke, konsentrasie en probleemoplossing sentraal staan. Deur gereelde oefening en deelname aan kompetisies ontwikkel leerders hul analitiese vaardighede, geduld en sportmanskap, terwyl hulle die skool met trots op interskoolvlak verteenwoordig.

ALGEMEEN

  • Oefeninge vind deurlopend die jaar op Woensdae-middae vanaf 14:30-16:00 by Hoërskool Linden plaas
  • Linden neem jaarliks in verskeie toernooie, asook die distrik- en provinsiale uitspele deel. Ons lewer op ‘n jaarlikse basis D10-spelers op wat ook aan die Gauteng Kampioenskappe deelneem. Selektiewe leerders  word ook by provinsiale spanne ingesluit om op Nasionale vlak deel te neem en te presteer. Linden presteer ook jaarliks in die JHB North West Chess League.
  •  
  • Formeel en netjies in skooldrag