SKOOLKOERANT
DIE JA-NEE
Die Ja-Nee Skoolkoerant is Linden se eie stem. Dit is waar stories vertel word, menings gedeel word en die alledaagse lewe van die skool vasgevang word. Leerders ontwikkel skryfvaardighede, joernalistieke insig en kritiese denke, terwyl hulle leer om nuus, onderhoude en kreatiewe inhoud verantwoordelik en met integriteit aan te bied. Die Ja-Nee is meer as net ’n koerant – dit is ’n platform vir uitdrukking, betrokkenheid en skooltrots.
ALGEMEEN
DIE JA-NEE
Die Ja-Nee Koerant word twee keer ‘n jaar gepubliseer. Artikels varieer van sport tot kultuur en natuurlik bietjie skindernuus. Die jong joernaliste kry ook die geleentheid om interessante onderhoude te voer met verskeie interessante mense in en om Linden.
Leerders is self verantwoordelik vir die publikasie van die koerant, insluitend die skryf van die artikels, die uitleg van die tydskrif, asook die neem van die foto’s wat ‘n groot deel van die tydskrif se sukses uitmaak. Daar word ook opleiding gebied vir die joernaliste om hulself te verbeter.
Organiseerder
Ivan Wessels