hokkie

Hoërskool Linden bied uitstekende hokkie-geleenthede vir ons leerders, met spanne vir beide seuns en dogters op verskeie vlakke. Ons is trots daarop dat ons ons eie Astro-hokkieveld het, wat hoëgehalte oefeninge en wedstryde moontlik maak. Ons fokus op vaardigheidsontwikkeling, spanwerk en kompeterende deelname om elke speler se volle potensiaal te ontsluit.

HOKKIE ORGANISEERDER:
LEON KEULDER

Henré van Rooy

Denike Uys

Marietjie Annandale

Menne de Villiers

Marleen Rood

Marna Fourie

Roeland Schoombie

Duan Botha

Eben Vermaas

Hokkie Hoogtepunte

Algemeen

Oefeninge vind tydens die eerste-, tweede- en derde kwartale op Maandae tot Vrydae plaas.

Oefenroosters word maandeliks op d6 geplaas. Kontak gerus die organiseerder vir verdere navrae.

Wedstryde vir dogters vind grootendeels op Dinsdae en Saterdae plaas, alhoewel daar selektiewe ligabepalings is wat bepaal dat hulle op Woensdae / Donderdae speel.

Wedstryde vir seuns vind grotendeels op Donderdae en Saterdae plaas, alhoewel daar selektiewe ligabepalings is wat bepaal dat hulle op Woensdae speel.

Hoërskool Linden se seuns neem deel aan die D2-Wesrandliga waar hulle kragte meet teen skole soos Noordheuwel, Monnas, Helpmekaar en Krugersdorp High School. Hierdie liga bied aan ons spelers die geleentheid om vir die Noordvaal-kompetisie te kwalifiseer.

Ons o/15- en o/18-spanne neem ook onderskeidelik deel aan die gesogte Aitken- en Boden-kompetisies in die A- en B-afdeling teen van die top hokkieskole in Gauteng.

Beide ons seuns- en dogterspanne neem aan die nuutgestigte Grautz Liga deel, wat verdere blootstelling en mededinging op hoë vlak moontlik maak.

Gedurende die derde en vierde kwartale neem ons ook deel aan verskeie “5-a-side” toernooie en geleenthede, wat ’n prettige en kompeterende alternatief bied tot die tradisionele hokkieformaat.

Verder is Hoërskool Linden jaarliks deel van die voorseisoen Superreeks, waar ons teen skole soos Hoërskool Brandwag, Tuine, Bastion, Wagpos, Birchleigh, Vereeniging Gimnasium en Generaal Hertzog meeding.

Ons o/16- en Eerste-spanne toer jaarliks in April na Hilton College om aan die gesogte Fairweather Festival deel te neem — ’n hoogtepunt op die hokkiekalender. In 2024 wag daar ’n besonderse mylpaal op die Eerste-span met ’n internasionale toer na Namibië, wat vir ons spelers ’n unieke en verrykende ervaring bied.

Ons Tweede-spanne neem ook deel aan verskeie toernooie, waaronder dié by Hoërskool Eldoraigne en ander mededingende skole.

Gedurende die jaar neem al ons spanne aan feeste en ligas in die omliggende streke deel. Hierdie platforms bied waardevolle wedstrydondervinding, spanontwikkeling en blootstelling aan verskeie spelstyle en kompetisie-vlakke.

Spelerontwikkeling en Hoëprestasieprogramme

Hoërskool Linden is daartoe verbind om elke speler se potensiaal te ontwikkel. Klinieke, ontwikkelingsgeleenthede en hoëprestasie-sessies word op ’n gereelde basis aangebied. Hierdie inisiatiewe ondersteun volhoubare groei, verbeter tegniese vaardighede en lê ’n stewige grondslag vir uitnemendheid in hokkie – vanaf beginnervlak tot elite-spelers.

Eerste- en Tweede-span:
Drag word jaarliks deur Hoërskool Linden voorgeskryf en verskil van dié van die jonger spanne.

Junior- en o/16-spanne:
Hoërskool Linden se drag bestaan uit ’n moulose hokkie-top met die skool se embleem, bottelgroen “ski-pants” onder die rompie, en groen Linden-kouse met “Linden” aan die kant geskryf.

Die volledige drag is beskikbaar by www.nolimits.co.za (Shop Schools → Hoërskool Linden).